Bok van Blerk - Die Kaplyn (Key: +2 Gmaj - BV)
Title: Die Kaplyn
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Bok van Blerk
Genre: South African; Pop
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: +2 Gmaj
Backing vocals: Yes
More info: Bok van Blerk is gebore op 30 Maart 1978, en het in Pretoria grootgeword. In 2006 het Bok sy eerste album, Jy Praat Nog Steeds My Taal vrygestel. In 2007 wen hy drie Tempo-toekennings, vyf Vonk-toekennings en die video van De la Rey wen die MK Musiekvideo van die Jaar-prys.
Lyrics: Yes
Tussen bosse en bome
Tussen grense wag ons almal vir more
Maar op agtien was ons almal verlore
Hoe kon ons verstaan
En wie weeg nou ons lewe
Want net God alleen weet waaroor ons bewe
Want op agtien wou ons almal net lewe
Net een slag toe was jou lewe verby
Roep jy na my
Roep jy my terug na die Kaplyn my vriend
Deur die jare het die wêreld gedraai
Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai
Soek jy na my
Soek jy my nou in die stof en jou bloed
Jy't gesê jy hoor hoe God na jou roep
Toe's dit al's verby...
Na al hierdie jare
Ver verlore dryf ons rond in ons dade
Net soldate leef met grense se skade
Hou kan hull verstaan
Want daai bos vreet ons spore
In die donker bos was broeders gebore
In die donker saam gebid vir die more
Maar met net een slag jou lewe verby
Roep jy na my
Roep jy my terug na die Kaplyn my vriend
Deur die jare het die wêreld gedraai
Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai
Waar is jy nou
Is jou naam dan op ons mure behou
Jy was nooit vereer en niemand gaan nou
Oor jou lewe skryf en wat jy nog wou...
En by daai mure
Staan ek vir ure
Maar waar's jou naam nou my vriend
Kan hulle nie verstaan
Jong soldate vergaan...
Sonder rede dra hulle die blaam
Roep jy na my
Roep jy my terug na die Kaplyn my vriend
Deur die jare het die wêreld gedraai
Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai
Waar is jy nou
Is jou naam dan op ons mure behou
Jy was nooit vereer en niemand gaan nou
Oor jou lewe skryf en wat jy nog wou...
En by daai mure
Staan ek vir ure
En by daai mure
Staan ek vir ure
Composer: BOK VAN BLERK/JOHAN VORSTER/SEAN ELSE (JOHAN VORSTER SONGS/MOZI PUBL)