Laurika Rauch - Ek Maak Net Soos Ek Wil (Nes Ek Wil) (Key: OR Cmaj)
Title: Ek Maak Net Soos Ek Wil (Nes Ek Wil)
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Laurika Rauch
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Jazz, Swing & Big Band; Kids & Teens
Language: Afrikaans
Era: 1980s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
As my wrak tog kan loop en die pad is oop
En die lewe lê alkant te koop
En ek't 'n rand of tien en wie weet miskien
Nog 'n paar hier of daar wie weet waar
Dan vat ek die pad na die bose ou stad
Want hy's grys en wys en hy's gou
En die naald bly dwaal net so regs van nul
Want ek maak net soos ek wil
TUSSENSPEL
Ek't 'n jaar lank gewerk as 'n derde klerk
Dis weer tyd om 'n iets te geniet
Want 'n week se swoeg maak my moed'loos moeg
En die tjeks sê ook als is vernuut
Toe breek ek maar weg en die wêreld is reg
Want ek's eindelik klaar met die spul
En die naald bly dwaal net so regs van nul
Want ek maak net soos ek wil
TUSSENSPEL
Daar's 'n ietsie te sê vir min rykdom hê
Want 'n rand is soms soos 'n fortuin
As die wiele rol en die tenk is vol
Word die sorge agter jou klein
Die vryheid is soet die trap op jou voet
En die enjin word dromerig stil
Want die naald bly dwaal net so regs van nul
En jy maak net soos ek wil
Want die naald bly dwaal net so regs van nul
En jy maak net soos ek wil
Composer: KOOS DU PLESSIS (INCLINE HOUSE)
_edited.png)
















