Anneli van Rooyen - Ek Lewe (Key: OR Bmaj)
Title: Ek Lewe
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Anneli van Rooyen
Genre: South African; Pop & Pop RockLanguage: Afrikaans
Era: 1980s
Key: OR Bmaj
Backing vocals: No
More info: Anneli van Rooyen se besonderse stem het haar een van die gewildste plaaslike sangeresse gemaak. Sy skryf self musiek en die tere liefdeslied, uitbundige vreugdeslied en ballade is haar forté. Anneli het 16 albums vrygestel vanaf 1980.
Lyrics: Yes
Ek lewe
Gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae sonder sorge
Dag vir dag dreun ritme om my heen
Voel die ure vol en tog alleen
Maar jou blik verslaan my vrese
Son saffier lag in jou wese
Bring geluk wat lank verlore was
Ek lewe
Gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae oor wat môre mag bring
Mm-mm, a-ha, ooh
Ek lewe
Verstaan jy van droom en van vrede
Die vreugde van leef in die hede
Dat ek hier is vir 'n rede
Die vrae was soos skadus binne my
Deur die ligte lag en antwoord jy
En ek sien die sonverhale
In jou oë nuwe tale
Lees die storie van 'n weer begin
Ek lewe
Gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae oor wat môre mag bring
Mm-mm, a-ha, ooh
Ek lewe
Verstaan jy van droom en van vrede
Die vreugde van leef in die hede
Dat ek hier is vir 'n rede
TUSSENSPEL
Ek lewe
Gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae oor wat môre mag bring
Mm-mm, a-ha, ooh
Ek lewe
Verstaan jy van droom en van vrede
Die vreugde van leef in die hede
Dat ek hier is vir 'n rede
TUSSENSPEL
Ek lewe!
Composer: J. HEIDER/R. KAISER/HAMMERSCHMIDT/A. VAN ROOYEN (GALLO)
_edited.png)





















