Anton Goosen - Beste Henry (Key: OR C#maj)
Title: Beste Henry
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Anton Goosen
Genre: South African; Rock & Soft Rock; Folk & Folk Rock
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR C#maj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Ek ken jou pa
En ek hoop al jou paaie draai
Hoop daar waar vier ver winde waai
Mag jou skepe van die lewe
Se spore oor die sewe sees draai
En daar vaar
Waar die hemel strepe suider sterre saai
So laat die windjie dan maar waai, waai
Laat die hane in die sontjie kraai
Kroontjie op die voorkop
Jy’t jou pa se hoed op
En soos die son se hand bo Afrika
Is dit jou pa se hoed wat jy daar dra
TUSSENSPEL
Ek ken jou pa
En ek weet die wêreld is klein
Die sirkels word voller
En die binnekant verdwyn
Mag elke môre oophand wink
Flink veer uit die hemel blou
Kyk die dae bars nes granate oop
Elke pit vir jou
So laat die windjie dan maar waai, waai
Laat die hane in die sontjie kraai
Kroontjie op die voorkop
Jy’t jou pa se hoed op
En soos die son se hand bo Afrika
Is dit jou pa se hoed wat jy daar dra
En soos die son se hand bo Afrika
Is dit jou pa se hoed wat jy daar dra
Jy’s 'n Swanepoel van Afrika
Is dit jou pa se hoed wat jy daar dra
So beste Henry, groetnis al om
Jou pa se vriend
Jantjie Blom
Composer: ANTON GOOSEN (A.G. MUSIEK)