top of page
Coenie de Villiers - Die See By Paternoster (Key: OR Gmin)

Coenie de Villiers - Die See By Paternoster (Key: OR Gmin)

SKU: JU-OR-NB-02543
US$13,95Price

Title: Die See By Paternoster
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Coenie de Villiers
Genre: South African; Folk
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Gmin
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Die see by Paternoster, is 'n ander see meneer

Hier langs ken hy wind en reën en ken hy stormweer

Wat grys en koud kombers maak en 'n visser nederig hou

Ja, hierdie is 'n see meneer selfs soeter as 'n vrou

 

Die see hier by Saldanha het 'n hart meneer ek sweer

Hy wis alles van verlange ken die eensaamheid se seer

As die skuite iewers dobber op die branding van die baai

Gee hy kreef diep uit sy brandkluis ja, daar's vis hier op ons kaai

 

Kom lê vanaand by my my lief

Die see sal aanhou dreun (Kom lê by my)

En lê vanaand by my my lief

Die mishoring sal kreun (Kom lê by my)

En diep-diep in die nanag steeds die môrester bly roep

Deurnag wieg my bootjie in die donker langs jou sloep

 

In Jacobsbaai se see meneer kan jy jou nette sprei

Laat sak maar deur die duining ja, daar's vis in die kontrei

Die hemel word 'n koepel waaronder ons kan werk

Die see word hier 'n katedraal en die oseaan ons kerk

 

Kom lê vanaand by my my lief

Die see sal aanhou dreun (Kom lê by my)

En lê vanaand by my my lief

Die mishoring sal kreun (Kom lê by my)

En diep-diep in die nanag steeds die môrester bly roep

Deurnag wieg my bootjie in die donker langs jou sloep

 

Luister na die see my kind en luister na die wind

Jou hart sal hier kom nesmaak

En die Weskus aan jou bind aan jou bind

 

Lê vanaand by my my lief die see sal aanhou dreun

Lê vanaand by my my lief die mishoring sal kreun

 

Ja, lê vanaand by my my lief die see sal aanhou dreun (Kom lê by my)

Lê vanaand by my my lief die mishoring sal kreun (Kom lê by my)

En diep-diep in die nanag steeds die môrester bly roep

Deurnag wieg my bootjie in die donker langs jou

Paternoster donker langs jou sloep

 

Composer: COENIE DE VILLIERS (SAMRO)

If you would like to listen to a demo and cannot find what you are looking for, please send us a request and we will do our best to assist you. 

You may also like

All music content (backing tracks, instrumentals, and karaoke tracks) are professional reproductions or original creations and not the original artist recordings. Our content is created by human musicians and producers and is not AI-generated. © ProTrax

bottom of page