Karen Zoid - Waar Was Jy (Key: OR Cmaj)
Title: Waar Was Jy
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Karen Zoid
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Rock & Soft Rock
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: NoMore info: Karen Zoid het die lied geskryf ter viering van Huisgenoot se 100ste verjaardag.
Lyrics: Yes
Hulle't my vertel van 'n rebel
Verwilderd sonder woning
Hy rebel in 'n sel
Môre is jy koning
Vlenterkinders, somers, winters
In die wind en weer
Party mense het niks gedoen nie
Party't te hard probeer
’n Wêreld groot, ’n wêreld klein
Vol geluk, en ook pyn
Bloos of blik
Ons verdwyn
Kan jy onthou – waar was jy?
Twee vroue in die koue
Wat aan ruikers klou
Die een staan langs 'n kind se graf
Die ander ene trou
Daar was bomme, daar was blomme
En keer op keer
Het die magiese en die verdomde
Ons altyd iets geleer
’n Wêreld groot, ’n wêreld klein
Vol geluk, en ook pyn
Bloos of blik
Ons verdwyn
Kan jy onthou – waar was jy?
Torings tuimel
Hand op die Bybel
Jy skud jou kop want jy wil verstaan
Liefde betower
Vrede verower
Om die stormwater stil te maak
Ons is groot, ons bly klein
In geluk en ook pyn
Bloos of blik
Ons verdwyn
Kan jy onthou – waar was jy?
’n Wêreld groot, ’n wêreld klein
Vol geluk, en ook pyn
Bloos of blik
Ons verdwyn
Kan jy onthou – waar was jy?
’n Wêreld groot, ’n wêreld klein
Vol geluk, en ook pyn
Bloos of blik
Als verdwyn
Kan jy onthou – waar was jy?
Composer: KAREN ZOID (ACTIVE MUSIC PUBL.)
_edited.png)
















