Laurika Rauch - Ek Wil Jou Belowe (Key: OR Fmaj)
Title: Ek Wil Jou Belowe
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Laurika Rauch
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Folk & Folk Rock
Language: Afrikaans
Era: 2020s
Key: OR Fmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Ek wil jou belowe
Dat ek blomme vir jou sal bring
Dat ek deur die jare
Al my liedjies vir jou sal sing
Jou beskerm teen die onheil
Jou verseker, al is jy bang
Sou jy wankel of jy struikel
Sal ek die een wees wat jou vang
Ek sal jou liefhê tot die sterre
Hul flonkering verloor
Tot ek nie meer die stilte
Van die Bo-Karoo kan hoor
Tot ek opkyk en sien
Die liewe, silwer maan
Voel my verlang
Ek wil jou belowe
In die donker van die nag
Sal ek jou lig wees
En jou skadu in die dag
Jou anker in die storms
Jou brug oor die watervloed
Jou tuiste in die vreemde
Jou winterherd se gloed
Ek sal jou liefhê tot die sterre
Hul flonkering verloor
Tot ek nie meer die stilte
Van die Bo-Karoo kan hoor
Tot ek opkyk en sien
Die liewe, silwer maan
Voel my verlang
Ek wil jou alles belowe
Dis tog ‘n onbegonne taak
Maar daar’s een belofte
Wat ek met sekerheid kan maak
Ek sal jou liefhê tot die sterre
Hul flonkering verloor
Tot ek nie meer die stilte
Van die Bo-Karoo kan hoor
Tot ek opkyk en sien
Die liewe, silwer maan
Voel my verlang
Die silwer maan voel ook
My groot verlang
Composer: COENIE DE VILLIERS/DEON MEYER
_edited.png)
















