Piet Smit - Seilboot (Key: OR Gmaj)
Title: Seilboot
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Piet Smit & Danie Botha
Genre: South African; Inspirational & Gospel; Country
Language: AfrikaansEra: 1990s
Key: OR Gmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
My lewe is 'n seilboot wat ver op reis moet gaan
En Jesus is my stuurman wat aan die roer bly staan
God se plan vir my lewe is die wydheid van die see
En die winde wat my aandryf is die Gees wat Hy my gee
Daarom span ek my seile voor die Heilige Gees
Want waar hierdie wind my waai is presies waar ek wil wees
En Jesus stuur my skip sekuur oor God se oseaan
En so kom ek eendag veilig by my eindbestemming aan
Golgota se kruishout is die boegspriet aan die hoof
En die pik tussen die planke
Is die siel van my geloof
Somtyds moet ek koers kies met 'n skuinshoek teen die wind
Met so 'n goeie Stuurman sal ek weer my rigting vind
Somtyds is daar storms, soms is die wind weer stil
Want die draai van die seisoene word bepaal deur God se wil
En al kraak die mas en die toue teen die wind se volle krag
En al stamp die boeg teen die golwe, ek weet wat op my wag
Soms voel ek hoe die balke teen die stormkragte kreun
En somtyds skep ek water maar ek weet waar gaan ek heen
En ek laai God se liefde soos 'n skatkis aan boord
Bepaal die rigting van my reis
Met die kaart van Sy Woord
En ek span al my seile voor die Heilige Gees
Want waar hierdie wind my waai is presies waar ek wil wees
En Jesus stuur my skip sekuur oor God se oseaan
Tot ek eendag in volmaaktheid
Op die hemelhawe staan
Composer: PIET SMIT
_edited.png)
















