Standard Version - Bly By My Heer (Liedboek 582) (Key: OR Ebmaj)
Title: Bly By My Heer, Terwyl Die Skemer Daal (Liedboek 582)
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Standard Version
Genre: South African; Inspirational, Christian & Gospel
Language: Afrikaans
Era: Not Specified
Key: OR Ebmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Bly by my, Heer, terwyl die skemer daal
Laat steeds U lig my lewenspad bestraal
Daar is geen ander hulp of troos vir my
Hulp van die hulpelose, bly my by
My lewensdag begin alreeds te kwyn
Sy vreugde en Sy glans is aan verdwyn
Die tyd laat niks hier onveranderd bly
O Heer wat nooit verander, bly my by
U wat ons nooit verlaat nie, goeie Heer
Weet om met swakke mense te verkeer
Gaan pyn en lyding soms bo my verstand
Weet ek U hou, onwrikbaar, nog my hand
U bystand is so kosbaar elke uur
Deur U genade leer ek leed verduur
Waar is daar ooit 'n beter lig te kry
U Gees bly immer ons onfeilbaar by
Gou daag die lig, die nuwe aarde bly
Van alle sonde, dood en smarte vry
Dood, wie sou skrik, graf, wat sou my laat beef
My toekoms is gewis, want Jesus leef
My toekoms is gewis, want Jesus leef
Composer: HENRY LYTE/ATTIE VAN DER COLF/WILLIAM MONK
_edited.png)




















