Jay - Twee (Key: OR Bmaj - BV)
Title: Twee
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Jay (Eden)
Genre: South African; Pop & Pop Rock
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Bmaj
Backing vocals: Yes
More info: Jay het sy professionele debuut in 1999 gemaak in Neil Lessick se Let’s Rock as hoofsanger. In 2001 het hy die ATKV Crescendo-kompetisie saam met Joe Niemand gewen. Sedert 2001 was sy hooffokus – Eden. Jay se eerste solo album getitled, Solo, is in 2010 vrygestel.
Lyrics: Yes
Elke liewe pot kry mos sy deksel
Ek weet daar's baie visse in die see
Gee my net 'n kans my lief en ek sal jou wys
Die beste nommer is twee
Sê my wat is reën sonder 'n reënboog
Sout en peper hoort mos bymekaar
Sonder lekker koffie is beskuit droog
Ja alles is 'n paar
So luister wat ek sê
Wil niemand anders hê nie
En alles wat jy ooit gesoek het sal jy net hier kry
Twee warm arms om jou vas te hou
Twee donker oë om mee te staar na jou
Twee lippe om aan joune vas te klou
En van nou af is dit ons
Twee skouers wat jou las sal dra
Twee ore luister wanneer jy iets vra
Twee hande waarop ek jou altyd dra
En van nou af is dit ons twee
Sê my wat's die see sonder 'n huisie
Of dink net aan 'n kers sonder 'n vlam
En hierdie woorde sonder wysie
Die son sonder die maan
So luister wat ek sê
Wil niemand anders hê nie
En alles wat jy ooit gesoek het sal jy net hier kry
Twee warm arms om jou vas te hou
Twee donker oë om mee te staar na jou
Twee lippe om aan joune vas te klou
En van nou af is dit ons
Twee skouers wat jou las sal dra
Twee ore luister wanneer jy iets vra
Twee hande waarop ek jou altyd dra
En van nou af is dit ons twee
Soos pa en kind
En Kaap en wind
En Adam sonder 'n Eva
Soos ek en jy
En jou by my
Twee warm arms om jou vas te hou
Twee donker oë om mee te staar na jou
Twee lippe om aan joune vas te klou
En van nou af is dit ons
Twee warm arms om jou vas te hou
Twee donker oë om mee te staar na jou
Twee lippe om aan joune vas te klou
En van nou af is dit ons
Twee skouers wat jou las sal dra
Twee ore luister wanneer jy iets vra
Twee hande waarop ek jou altyd dra
En van nou af is dit ons twee
En van nou af is dit ons twee
Ja, van nou af is dit ons twee
Composer: JOHAN OBERHOLZER (UNIVERSAL MUSIC PUBLISHING)