Coffee Snobs - Die Reis (Laurika Rauch Cover) (Key: OR Abmaj)
Title: Die Reis (Laurika Rauch Cover)
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Coffee Snobs
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Folk & Folk Rock
Language: Afrikaans
Era: 2020s
Key: OR Abmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Daar's 'n ster wat skyn in die donker nag
En hy skyn oor my en dit wys die pad
Waarheen dit lei sal ek nie kan sê
Maar ek glo dat daar 'n toekoms lê
Daar's 'n wind wat waai op 'n warm dag
En hy waai oor my en dit koel my af
Of dit reën gaan bring sal ek nie kan sê
Maar ek weet dat die wind weer sal gaan lê
En ek's op my knieë
Ja, ek kniel alweer
Hoor my as ek smeek
Dat die sterre altyd oor my skyn
En die winde in my seile bly
TUSSENSPEL
Daar's 'n rivier wat druis tot by die oseaan
En hy spoel oor my en dit sleur my saam
Waarheen dit vloei sal ek nie kan sê
Hoe weet mens wat agter daardie horison lê
En daar's 'n stem wat roep en hy roep my naam
En hy gaan op reis en nooi my saam
Waarheen ons gaan sal ek nie kan sê
Maar ek glo elke woord wat die stem vir my sê
En ek's op my knieë
Ja, ek kniel alweer
Hoor my as ek smeek
Dat die waters my weer skoon kom spoel
En die stem my lei na 'n groter doel
NASPEL
Composer: ESMÉ VERNETTE RAUTENBACH
_edited.png)
















