Elizabeth Fourie - Sambrele (Key: OR Cmaj)
Title: Sambrele
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Elizabeth Fourie
Genre: South African; Kids & Teens
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Vakansie is net om die draai
Dis tyd om die motor te laai
Ag Pa maak nou gou
Ons wag net vir jou
En dan kan ons lekker laat waai
Die vles met die koffie is in
Die feestyd gaan net-nou begin
Gepak is my tas
My gordel is vas
Die tyd na die see toe raak min
Ek sien die see
Ag Ma, kan ons sommer nou dadelik gaan swem 'seblief
Sambrele, sambrele
'n Bloue, 'n gele
Staan oral gepak op die strand
Dis grafies en emmers
Die mooiste kastele
Gebou van die spierwitte sand
Dis kinders wat skater
En plas in die water
Pa lê so lui op sy rug
Desembervakansie
Die son dans 'n dansie
En lag in die helder blou lug
Vakansie is lankal verby
En ons het terug huis toe gery
'n Volgende keer
Dan gaan ons maar weer
Om al die sambrele te kry
Sambrele, sambrele
'n Bloue, 'n gele
Staan oral gepak op die strand
Dis grafies en emmers
Die mooiste kastele
Gebou van die spierwitte sand
Dis kinders wat skater
En plas in die water
Pa lê so lui op sy rug
Desembervakansie
Die son dans 'n dansie
En lag in die helder blou lug
Desembervakansie
Die son dans 'n dansie
En lag in die helder blou lug
Composer: ELIZABETH FOURIE (E.F MUSIEK)
_edited.png)














