Elizma Theron - My Hart Bloei Vir Jou (Key: OR Cmaj - BV)
Title: My Hart Bloei Vir Jou
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Elizma Theron
Genre: South African; Pop & Pop Rock
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: YesLyrics: Yes
Hart, wat maak jou hart
Wat maak jou koud as die vuur voor jou deur brand
Hart, wat maak jou sag
Wat laat jou smelt as gevoelens jou bangmaak
En wat vloei dan deur jou are
As dit lyk of jy stilstaan
Sluit die deure nou oop
Vat 'n kans nog 'n keer
Deur die seer is daar altyd nog hoop
Voor jy nie liefde gebloei het nie
En die seer nie gevoel het nie
Sal jy nooit regtig weet wat liefde is
Voor jy nie liefde gebloei het nie
En jou hart nie gebreek het nie
Sal jy nooit kan verstaan wat ek voel
My hart bloei vir jou
Vir jou
My hart bloei vir jou
Hart, glo jy in my
As ek jou so vertrou met als in my
Hart hoe kry jy seer
As jy weet daar's 'n hand wat jou val keer
Waar die paaie soms te rof raak
Sal dit ons net sterker maak
Sal jou altyd bewaar as jy soek of verdwaal
As jy roep is ek altyd daar
Voor jy nie liefde gebloei het nie
En die seer nie gevoel het nie
Sal jy nooit regtig weet wat liefde is
Voor jy nie liefde gebloei het nie
En jou hart nie gebreek het nie
Sal jy nooit kan verstaan wat ek voel
My hart bloei vir jou
Vir jou
My hart bloei vir jou
Jy moet val voor jy weer kan opstaan
Jy moet breek voor jy weer kan heelraak
In die seer is daar soms pyn
Maar altyd hoop
Voor jy nie liefde gebloei het nie
En die seer nie gevoel het nie
Sal jy nooit regtig weet wat liefde is
Voor jy nie liefde gebloei het nie
En jou hart nie gebreek het nie
Sal jy nooit kan verstaan wat ek voel
My hart bloei vir jou
Vir jou
My hart bloei vir jou
Vir jou
My hart bloei vir jou
Composer: N. SCHOOMBEE/A. VORSTER (SELECT MUSIC PUBLISHING)
_edited.png)










