top of page
Laurika Rauch - Deur Die Oë Van 'n Kind (Key: OR Emaj)

Laurika Rauch - Deur Die Oë Van 'n Kind (Key: OR Emaj)

SKU: AL-OR-NB-04286
US$13,95Price

Title: Deur Die Oë Van 'n Kind
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Laurika Rauch

Genre: South African; Inspirational & Gospel; Special Occasion

Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Emaj

Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Deur die oë van 'n kind is die wêreld geel

'n Strand waarop ons uitgelate speel

Ek duik jou, jy val

Ons slaan vuis oor 'n bal

Ek huil nie te veel nie

Die wêreld is heel

 

Deur die oë van 'n kind is die wêreld groen

Want Pappa is hier, hy kan alles doen

Jy glo wat hy sê

Jy kan kry wat jy wil hê

In ruil vir 'n taai klapsoen

 

Sien 'n reënboog in droë woestyn

'n Glimlag wat breek deur die pyn

Jy vra waar’s die hoop

En ek wys jou die son

Wat die oë van 'n kind sien skyn

 

Deur die oë van 'n kind is die wêreld rooi

En gister se einas ver weggegooi

As Kersvader klim

By die skoorsteen in

Dan toor hy die lewe mooi

 

Selfs die donkerste nag sien 'n kind as blou

En swartsteenkoolgrys sien hy effens grou

Want wie’s dan nou bang

Vir die goed wat jou kan vang

As Pappa jou styf vashou!

 

Sien 'n reënboog in droë woestyn

'n Glimlag wat breek deur die pyn

Jy vra waar’s die hoop

En ek wys jou die son

Wat die oë van 'n kind sien skyn

 

Ek’s bang vir die kraai wat die tyding bring

Maar kinders kyk oor hom, hoor engele sing

Ek wens ek kan reis op die gisterwind

Om weer te kan sien soos 'n kind

Om weer te kan sien soos 'n kind

Om weer te kan sien soos 'n kind

 

Sien 'n reënboog in droë woestyn

'n Glimlag wat breek deur die pyn

Jy vra waar’s die hoop

En ek wys jou die son

Wat die oë van 'n kind sien skyn

 

Sien 'n reënboog in droë woestyn

'n Glimlag wat breek deur die pyn

Jy vra waar’s die hoop

En ek wys jou die son

Wat die oë van 'n kind sien skyn

Wat die oë van 'n kind sien skyn

Wat die oë van 'n kind sien skyn

 

Composer: LOUIS BRITTZ (MAR GOSPEL MUSIC PUBLISHERS)

If you would like to listen to a demo and cannot find what you are looking for, please send us a request and we will do our best to assist you. 

You may also like

All music content (backing tracks, instrumentals, and karaoke tracks) are professional reproductions or original creations and not the original artist recordings. Our content is created by human musicians and producers and is not AI-generated. © ProTrax

bottom of page