Retief Burger - Sekelmaan (Key: OR Cmaj)
Title: Sekelmaan
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Retief Burger (Luidkeels)
Genre: South African; Inspirational, Christian & Gospel; Special Occasion
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: No
More info: Retief Burger is 'n Afrikaanse sanger van geestelike liedere. Sy debuutalbum, Luidkeels is in 2005 uitgereik.
Lyrics: Yes
My eenvoudige gebed is
Dat jy sal ophou soek
En sal hoor hoe die Here die bron van liefde
Die liefde self oorloë sing
Dalk kan jy dit nie glo nie
Dalk wil jy dit nie glo nie
Maar vat dit en hoor wat hy oor jou sing
Vanaand se sekelmaan is net vir jou
Mag hy dans tot in jou hart en sy arms om jou vou
Want as Hy kon praat sou Hy eenvoudig sê
Hoe diep my liefde hier binne vir jou lê
Mensekind, ek weet jou hart is broos
Want die twyfel trek jou skeef en jy’s leeg en moedeloos
Maar as jy my oë vir ‘n oomblik sou kom lees
Sou jy ‘n bruid sien, in wit geklee
En weet jy wie dit is?
Kan jou aardse siel begryp na wie ek verlang?
Dit is jy, my bruid in ewigheid
Een kyk van jou oë en die hout se pyn verdwyn
Dit is jy, geliefde van my sy
Ek is hier by jou, in jou, om jou net lief te hê
En al sou jy ook die deur in my gesig toeslaan
En die leuens bly glo dat ek net nie bestaan
Sal ek nogsteeds my liefde vir jou kom wys
‘n Gebreekte lyf wat hang aan ‘n kruis
Weet jy wie jy is?
Kan jou aarse siel begryp na wie ek verlang?
Dit is jy, my bruid in ewigheid
Een kyk van jou oë en die hout se pyn verdwyn
Dit is jy, geliefde van my sy
Ek is hier by jou, in jou
Dit is jy, my bruid in ewigheid
Een kyk van jou oë en die hout se pyn verdwyn
Dit is jy, geliefde van my sy
Ek is hier, hier by jou, in jou,
Ek is hier by jou, in jou, om jou net lief te hê
Composer: RETIEF BURGER/LEZA LIVERSAGE
_edited.png)




















