top of page
Richard van der Westhuizen - Anthem (Key: OR Fmaj)

Richard van der Westhuizen - Anthem (Key: OR Fmaj)

SKU: JU-OR-NB-02734
$12.95Price

Title: Anthem
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Richard van der Westhuizen, Anneke Visagie & Karen Wessels
Genre: South African; Group & Choir; Folk
Language: Afrikaans; African
Era: 2010s
Key: OR Fmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Dis skemer oor ons land

Die vreemde gloed van 'n verre brand

Hang oor

Die neuwels van die rook, mis en reën

 

Die kranse staan as skildwag

Voor die donker drom se hoonlag

Waar die slanggif

In die koue aarde pols

 

Oor die wit kant

Oor die swart kant

Oor die skaakbord van die hartland

Kruip die groot kanonne al hoe nader

 

Ongehoord en ongesiene

In die drup-drup van morfiene

Loop die uurglas

Nou algaande leeg

 

Maar iewers is daar vrede

En 'n beter dag en 'n nuwe lewe

Iewers is daar vrede

En die weerklank van 'n suiwer rede

Iewers is daar vrede

Wie weet waar

 

Mag die gode ons bewaar

Iewers is daar vrede

Mag die gode ons bewaar

Iewers is daar vrede

Mag die gode ons bewaar

Mag die gode ons almal bewaar

 

TUSSENSPEL

 

Waarheen daal die donker maan

Wat sal op sy sekel staan

Die land lê vol en ryp in vrug

En blom

 

Voor die silwer, voor die rooi

Voor die mespunt en die prooi

Slaan die staalblou weerlig

Op die valbyl se lem

 

Nou weerklink die horinggeskal

Iewers moet die dollos val

In die droë stof

Wat oor die aarde lê

 

Oor die erwe van ons vadere

Woon die wilde en makabere

Klink die somber klaaglied

Van die naderende dood

 

Maar iewers is daar vrede

En 'n beter dag en 'n nuwe lewe

Iewers is daar vrede

En die weerklank van 'n suiwer rede

Iewers is daar vrede

Wie weet waar

 

Mag die gode ons bewaar

Iewers is daar vrede

Mag die gode ons bewaar

Iewers is daar vrede

Mag die gode ons bewaar

Mag die gode ons almal bewaar

 

Nkosi Sikelela

Thina lu sapholwayo

Nkosi Sikelela

Thina lu sapholwayo

 

Nkosi Sikelela (Sikelela)

Nkosi Sikelela (Sikelela)

Nkosi Sikelela (Sikelela

Ooh-ooh... (Sikelela)

Ooh-ooh... (Sikelela)

 

Mag die Here ons almal

Ons almal bewaar

 

Composer: RICHARD VAN DER WESTHUIZEN

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page