Thys die Bosveldklong - Swakopmund (Key: OR Amaj)
Title: Swakopmund
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Thys die Bosveldklong
Genre: South African; Country; Folk
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Amaj
Backing vocals: No
More info: Thys Die Bosveldklong is n Afrikaanse sanger en vermaaklikheidskunstenaar, komediant, TV-aanbieder & vervaardiger.
Lyrics: Yes
Waar die Swakop in die Groot Blou loop
En die Namib jou hart, met sandkorrels koop
Hier op die kus van geraamtes
Word jy weer een met jou gedagtes
Ek wil nie weg gaan nie, ek wil bly
Soos die stoomlokomotief daar in die woestyn
Wil ek tot stilstand kom en die plek inneem
Ek wil gaan wegkruip, tussen Langstrand se duine
En as jy my soek is ek in Swakopmund
En as jy my vind, was ek nie hier nie
Net 'n stukkie vrede in my gemoed
My laaste staan, my laaste groet
Almal van ons het 'n Swakopmund
Waar ons gaan wegkruip teen aardse goed
Met ons kaste vol geraamtes, wat ons gaan weggooi
Tussen Langstrand se duine
As jy my soek is ek in Swakopmund
En as jy my vind, was ek nie hier nie
Net 'n stukkie vrede in my gemoed
My laaste staan, my laaste groet
Ek wil nie weg gaan nie, ek wil bly
Soos die stoomlokomotief daar in die woestyn
Wil ek tot stilstand kom en die plek inneem
Ek wil gaan wegkruip, tussen Langstrand se duine
As jy my soek is ek in Swakopmund
En as jy my vind, was ek nie hier nie
Net 'n stukkie vrede in my gemoed
My laaste staan, my laaste groet
Composer: COBUS SNYMAN/NIC STEVENS
_edited.png)





















