Juanita du Plessis - Die Fiets (Key: OR Dmaj - BV)
Title: Die Fiets
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Juanita du Plessis
Genre: South African; Inspirational, Christian & Gospel
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Dmaj
Backing vocals: Yes
More info: Juanita du Plessis (gebore in Namibië) is een van Suid-Afrika se mees suksesvolle, populêre en geliefde sangers ooit. Sy het bekend geword na haar treffer "Ska-Rumba" in 2000. Haar albumverkope herskryf die Suid-Afrikaanse musiekrekordboeke. Elke noemenswaardige musiektoekenning is al aan haar toegeken.
Lyrics: Yes
Ek was klein gewees ek onthou nog
Dit was 'n groot geskenk vir my
Dit was my sesde Kersfees
Ek het my eerste fiets gekry
My vreugde onbeskryflik
Maar tog die vrees diep binne my
Sou ek my Pa kon trots maak
Sou ek op hierdie fiets kon ry
Maar dis sy woorde wat ek vandag nog steeds onthou
Want elke keer toe my voete gly, was sy hande onder my
En hy't gesê
Ek sal jou nooit los nie
Ja jy's myne
Maak nie saak wat dit kos nie
Ek sal my lewe gee vir jou en jou nooit verlaat nie
Vertrou my
Moenie bang wees nie ek is hier reg langs jou
Ek sal jou nooit los nie
Ek sal jou hand nooit los nie
My Pa se dood was skielik
Die lewe was vir my verby
Maar eendag op my knieë in 'n donker uur
Het ek my hemelse Pa in my hart gekry
My vreugde onbeskryflik
Soveel vrede binne my
Dat ek my Pa sal trots maak
Op die regte pad sal bly
Dis Sy genade wat my vandag nog staande hou
Want elke keer as my voete gly, is Sy hande onder my
En ek hoor Hom sê
Ek sal jou nooit los nie
Jy is myne
Maak nie saak wat dit kos nie
Ek het my lewe gegee vir jou
En jou nooit verlaat nie
Vertrou my
Moenie bang wees nie
Ek is hier reg langs jou
As jy bang is, is ek by jou, langs jou om jou
Want jy behoort aan my
Ek sal jou nooit los nie
Jy is myne
Maak nie saak wat dit kos nie
Ek het my lewe gegee vir jou
Ek sal jou nooit verlaat nie
Vertrou my
Moenie bang wees nie
Ek is hier reg langs jou
Ek sal jou nooit los nie
Ek sal jou hand nooit los nie
Ek sal jou nooit los nie
Ek sal jou hand nooit los nie
Composer: JUANITA DU PLESSIS (JUANITA RECORDS)