Lucas Maree - Ek en Jy (Key: OR Amaj)
Title: Ek en Jy
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Lucas Maree
Genre: South African; Folk: Special Occasion
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Amaj
Backing vocals: No
More info: Lucas Maree (22 Julie 1952 - 18 Februarie 2011) was 'n bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is veral bekend vir sy treffers “Miljoen en “Droomvrou”.
Lyrics: Yes
Ek en jy
Ek en jy
Ons twee is gemaak om bymekaar te bly
Want ek en jy balanseer mekaar
Maar kontrasteer mekaar
Twee kante van dieselfde munt sowaar
Jy is realisties
Ken die wêreld en sy perke
En ek weet weer van woorde
En hoe voel se dinge werk
Want ek is mos die dromer
Wat vir altwee lugkastele bou
Wat jy dan op die keper moet beskou
Ek en jy
Ek en jy
Ons twee is gemaak om bymekaar te bly
Want ek en jy balanseer mekaar
Maar kontrasteer mekaar
Twee kante van dieselfde munt sowaar
Ek is meer die skadumens
En jy hou van die son
En as dit kom by feite
Dan's dit ek wat wens ek kon
Want vir jou is als so logies
En voorspelbaar soos die aarde draai
En ek is weer die een wat waag en raai
TUSSENSPEL
Asof dit nie genoeg is nie
Ruil ons soms rolle om
Dan praat jy skielik baie
En ek raak tydelik stom
En op 'n dag besef ons
Dat ons eintlik maar net halwes is
Van 'n hemel waar net ons twee kan bestaan
Ek en jy
Ek en jy
Ons twee is gemaak om bymekaar te bly
Want ek en jy balanseer mekaar
Maar kontrasteer mekaar
Twee kante van dieselfde munt sowaar
Composer: LUCAS MAREE (MS SAMRO)