top of page
Jak de Priester ft. Luna - Stellenbosch Lovesong (Key: OR Bmaj)

Jak de Priester ft. Luna - Stellenbosch Lovesong (Key: OR Bmaj)

SKU: AL-OR-NB-02552
$12.95Price

Title: Stellenbosch Lovesong
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Jak de Priester & Luna
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Folk; Duet; Special Occasion

Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Bmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Ek wonder hoeveel treë het ons deur Stellenbosch geloop

Hoeveel take in 'n Coffee Shop gedoen

 

Ek wonder hoeveel nagte het ons deur Mystic Boer gejol

Hoeveel keer het ek probeer jou langs Bohemia te soen

 

En ek wonder hoeveel nagte het ek gewens ons was alleen

Hoeveel keer wou ek net cosy raak as dit buite begin reën

 

En hoeveel van daai chicken pies het ons by BP garage gaan koop

As ons honger uit die New Bar slinger effens moeg en effens dronk

 

En dink jy dis legal as jy so vir my kyk

Met jou oë so beautiful soos die see

In Dorpstraat teater by 'n tafeltjie

Spesiaal net vir ons twee

Het ek my hart in 'n song vir jou gegee

 

En hier lê ons spore diep in die grond

Deur Pleinstraat en deur Tollies

En in die geure van jou mond

Al was ek skaars twintig

En soos 'n bootjie doelloos in die see

Weet ek jy het my van die liefde geleer

Weet ek jy het my van die liefde geleer

 

In elke straat in Stellenbosch is 'n gedig deur ons geskryf

In elke eikeblaar 'n happy song

 

In elke afdraaipaadjie lê jou woorde soos die reën

Herinnering verdwyn ook iewers heen

 

En ek wonder hoeveel nagte het jy gaan slaap sonder om te groet

Hoeveel keer moes ek met jou voicemail praat

'n Lem in my gemoed

 

En hoeveel keer was daar stilte as ek jou stem so graag wou hoor

En hoeveel keer was daar woorde onnodig deur 'n hart geboor

 

En dink jy dis legal as jy so vir my kyk

Met jou oë so beautiful soos die see

In Dorpstraat teater by 'n tafeltjie

Spesiaal net vir ons twee

Het ek my hart in 'n song vir jou gegee

 

En hier lê ons spore diep in die grond

Deur Pleinstraat en deur Tollies

En in die geure van jou mond

Al was ek skaars twintig

En soos 'n bootjie doelloos in die see

Weet ek jy het my van die liefde geleer

Weet ek jy het my van die liefde geleer

 

En dink jy dis legal as jy so vir my kyk

Met jou oë so beautiful soos die see

In Dorpstraat teater by 'n tafeltjie

Spesiaal net vir ons twee

Het ek my hart in 'n song vir jou gegee

 

En hier lê ons spore diep in die grond

Deur Pleinstraat en deur Tollies

En in die geure van jou mond

Al was ek skaars twintig

En soos 'n bootjie doelloos in die see

Weet ek jy het my van die liefde geleer

Weet ek jy het my van die liefde geleer

 

Composer: JAK DE PRIESTER

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page