Jannie du Toit - Vlieg Hoog (Key: OR Gmaj)
Title: Vlieg Hoog
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Jannie du Toit
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Kids & Teens
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Gmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Klim in ‘n vliegtuig die volgende vlug, want die wêreld wink
Sien jy die vreemde se lokkende lig in die verte blink
Sprei uit, vlieg hoog, glo jy het vlerke
Die hemelboog word jou enigste perke
Hoog in die lug sal jy verder kan sien
Niks kan jou keer nie, jy sal kry wat jy soek en baie meer
(Vlieg altyd hoër, dis wat jy moet doen)
Klim in ‘n vliegtuig en ontdek die wêreld
Vlieg baie hoog en kyk af na jouself
Vanaf die pieke van die hoogste berge
Sal jy bepaald elke bestemming kan haal
Vlieg maar net hoog
Delf in die diepte, die volgende skof, jy moet skagte sink
Hoor jy die aarde se rykste geheime daar onder klink
Delf diep, breek oop jou ideale
Bly soek, bly hoop op ryk minerale
Ver ondergrond lê die goud altyd weer
Niks kan jou keer nie, daar is duisend karaat en baie meer
(Delf altyd dieper – dis wat jy moet doen)
Klim in ‘n vliegtuig en ontdek die wêreld
Delf maar net diep en jy ontgin jouself
Vind in die kleinste kern iets van waarde
Dan sal jy glo als word bepaal van bo af
Delf maar net diep
Eendag sal ons weet wat nou nog ‘n geheim bly
Nou is dit vaag en ons moet antwoorde soek
Op al ons vrae
(Soek na die antwoord dalk sal jy dit kry)
TUSSENSPEL
Klim in ‘n vliegtuig en ontdek die wêreld
Delf maar net diep en jy ontgin jouself
Soek in die kleinste kern iets van waarde
As jy dit kry, as jy dit eendag kry
(Ondergrond of in die hoogte)
Dan vlieg jy hoog
Composer: CHRISTA STEYN/JANNIE DU TOIT (MACVILLA)
_edited.png)
















