Andriette - Liefde Is 'n Werkwoord (Key: OR Dmaj)
Title: Liefde Is 'n Werkwoord
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Andriëtte (Andriette)
Genre: South African; Pop
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Dmaj
Backing vocals: No
More info: Andriëtte Norman, beter bekend as Andriëtte is 'n Afrikaanse sangeres. Sy het al verskeie kere tydens KKNK en Huisgenoot-Skouspel opgetree. Van haar treffers sluit in: Napoleon (geskryf deur Steve Hofmeyr), Dinge en Sewe Oseane (wat geskryf is deur Rudi Claase), Storm in my hart en Dink aan my.
Lyrics: Yes
Dit kom nie skielik oor jou spoel nie
Dis nie op wolke loop gevoel nie
Dis nie die woorde wat hy laat aand praat nie
Dis nie die vlinders op jou maag nie
Die wakker lê laat in die nag nie
Dis nie daai eerste soen wat hy jou gee nie
Maar die wat weet wat liefde is, sê:
Liefde is ‘n werkwoord
Liefde is ‘n werkwoord
Dit werk vir jou en my
'n Bietjie gee, 'n bietjie kry
Dit laat ons harte bly, bly bymekaar
Dit skyn nie altyd maan en rose
Beloftes raak ook soms verlore
Daar's nie ’n boek wat dit makliker maak nie
Dit slaan nie altyd asem weg nie
Dit loop nie altyd alles reg nie
Dit sê nie altyd alles wat jy wil hoor nie
En die wat weet wat liefde is, sê:
Liefde is ‘n werkwoord
Liefde is ‘n werkwoord
Dit werk vir jou en my
'n Bietjie gee, 'n bietjie kry
Dit laat ons harte bly, bly bymekaar, bymekaar
Daar is geen waarborg vir ’n hart
Dis nie altyd wit en swart
Dis om daai vonkel in die oë wat skyn
Nooit te laat verdwyn
Liefde is ‘n werkwoord
Liefde is ‘n werkwoord
Dit werk vir jou en my
'n Bietjie gee, 'n bietjie kry
Dit laat ons harte bly, bly bymekaar
Liefde is ‘n werkwoord
Liefde is ‘n werkwoord
Dit werk vir jou en my
'n Bietjie gee, 'n bietjie kry
Dit laat ons harte bly, bly bymekaar
Bymekaar
Composer: ANDRIETTE/DON KELLY/ADOLF VORSTER/JOHAN OBERHOLZER (UNIVERSAL MUSIC PUBLISHING)