Mathys Roets - Dwergieman (Key: OR Bbmaj)
Title: Dwergieman
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Mathys Roets (Brug Na Erens 1999)
Genre: South African; Folk & Folk Rock
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Bbmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Die donker leun teen my venster
En sy asem mors die ruite nat
En ek droom
Dat die reënboog mors in my skoot
En 'n Dwergieman sê ek sien jou weer
En die maanlig spat oor die gitswart nag
En die donker sê ek wil jou hê, om jou toe te vou
In my spierwit sprokie vanaand
Die hartseer van die donker
Sluip stadig teen die ruite af
Die wonder van 'n sprokie
Laat oud wees onbelangrik word
En ek huil
Saam met die Dwergieman
Wat reën gaan haal en teen my venster mors
Wat reën gaan haal en teen my venster mors
Saam met die Dwergieman
Wat reën gaan haal en teen my venster mors
Wat reën gaan haal en teen my venster mors
Die kamma van die woorde
Kan rede ongeskonde laat
Die ritme van 'n wysie
Kom bedel nog 'n rympie af
En ek huil
Saam met die Dwergieman
Wat reën gaan haal en teen my venster mors
Wat reën gaan haal en teen my venster mors
Saam met die Dwergieman
Wat reën gaan haal en teen my venster mors
Wat reën gaan haal en teen my venster mors
En die reënboog val uit die hemel
En die donkerkind se spore verdwyn
En die maanlig drup langs 'n straatlamp af
En die stil wees van die lewe begin
Composer: RHEDELINGHUYS (MS SAMRO)
_edited.png)