top of page
Robbie Wessels & Appel - Staan Saam (Key: OR Cmaj)

Robbie Wessels & Appel - Staan Saam (Key: OR Cmaj)

SKU: CH-OR-NB-02060
$12.95Price

Title: Staan Saam

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke

Created in the style of: Robbie Wessels & Appel
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Hip-Hop & Rap; Duet; Olympics & Sport Events
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Appel jy is lankal al ‘n Bloubul

As jy jou mond oopmaak begin die girls gil

Jy het lankal al bewys jy kan ‘n song sing

Jy kan ‘n nasie sommer so bymekaar bring

Jy het al die regte songs vir ‘n lekker bokjol

As jy eers begin sing raak die glase sommer vol

Maar een ding moet jy weet jy moet dit altyd onthou

Die sonsak is oranje al is die lug dalk blou

 

Robbie jy is braaf jy’t ‘n ding begin

Jy’s soos die Dry Lemon ek is die gin

Jy dink jy kan kom met jou bal tussen jou bene

My kom vertel met jou hande op die stene

Dat ‘n Cheetah kan staan teen ‘n Bloubulman

Miskien in Egipte of dalk in Japan

Maar hier in die suide is die Bloubul baas

So hou maar by jou leeu of jou hoender of jou haas

 

Staan saam, staan saam

Staan saam, staan saam

As die Bulle hulle koppe neerlê

En die Cheetahs in die aand gaan stil lê

Trek die manne die groen trui aan

 

Robbie my pel jy moet mooi verstaan

Agter die Bulle sal ek altyd staan

Jy kan kom met jou redes hoekom ek moet stop

Kom probeer my oortuig ek stick jou vir ‘n dop

Maar moenie my pla met ‘n storie van ‘n Bul

Of ‘n Cheetah wat grom of ‘n Leeu wat brul

Vertel my oor die Bulle wat die beker weer vat

En ‘n Cheetah verneder soos ‘n ou huiskat

 

Appel ek is moeg met jou gestry

Jy is ‘n Bul ek sal ‘n Cheetah bly

Ek vra jou mooi kom ons settle hierdie ding

Laat ek en jy dieselfde song kan sing

Speel die bulle teen die Cheetahs aan elk alleen

Hy skree vir sy span in murg in been

Maar trek die Bulle of die Cheetahs die groentrui aan

Staan ek en jy soos een man saam

 

Staan saam, staan saam

Staan saam, staan saam

As die Bulle hulle koppe neerlê

En die Cheetahs in die aand gaan stil lê

Trek die manne die groen trui aan

 

Robbie ek verstaan dat jy saam wil sing

Maar kom ek verduidelik hierdie Bloubul ding

Ek is al ‘n Bloubul van kindsbeen af

Het as laatjie voor die Bulle al uitgedraf

Bygestaan as die Bokke die Volkslied sing

Saam die manne gestaan in ‘n kring

En nou wil jy vir my vra wat ek van saamstaan weet

Wat jy nog moet leer het ek al vergeet

 

Appel ek stem saam jy’t die bul gehelp

Om te kom waar hy is die baas van die veld

Maar kom terg net die Cheetahs in Bloemfontein

Bring vir Pollard en vir Ruan en vir Morne Steyn

Want die Cheetahs is honger vir ‘n Bloubul steak

So sê vir die manne hulle moet wyd kyk

Want as ‘n Cheetah eers ‘n reuk in die neusgat vang

Begin ‘n Bul klaar na sy ma verlang

So Appel kom ons sê in die Bok se naam

Staan ek en jy

Vir oulaas saam

 

Staan saam, staan saam

Staan saam, staan saam

As die Bulle hulle koppe neerlê

En die Cheetahs in die aand gaan stil lê

Trek die manne die groen trui aan

 

Staan saam, staan saam

Staan saam, staan saam

As die Bulle hulle koppe neerlê

En die Cheetahs in die aand gaan stil lê

Trek die manne die groen trui aan

 

As die Bulle hulle koppe neerlê

En die Cheetahs in die aand gaan stil lê

Trek die manne die groen trui aan

 

Composer: DANNY SMOKE/ROBBIE WESSELS

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page