top of page
Appel - Binnedorp (Key: OR F#maj)

Appel - Binnedorp (Key: OR F#maj)

SKU: CO-OR-NB-00016
$12.95Price

Title: Binnedorp

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke

Created in the style of: Appel

Genre: Pop; South African

Language: Afrikaans

Era: 2010s

Key: OR F#maj

Backing vocals: No

Lyrics: Yes

 

Oom John sit al jare

Agter die klawers

Hy kry steeds hoendervleis

As die kroeg begin juig

 

Die stories van boere

Boemelaars en sakemanne

Wat vertel van hulle planne

En dan uit die kroeg kruip

 

Hy vertel van Koos Doep

Wat verlore siele kon roep

En Koos Kombuis die mense

Met 'n laaste song groet

 

Op Drieankersbaai

Soos jong Ingrid gaan stap

Maar hy weet sy hart

Is in die stad vas geplant

 

En die Binnedorp se strate

Roep die siele al hoe nader

Om 'n glasie te klink

Op die lewe se lyf

En dis waar ons vergader

Van nou tot baie later

Om 'n hoofstuk in die boek

Van ons harte te skryf

 

Hy struikel oor sy note

Maar speel die regte akkoorde

Die gesing en gelag

Gee hom hoop vir die nag

 

Op sy klavier is 'n bier

'n Sigaret in sy hand

Hy skree: Boys is julle reg

Vir nog 'n groot aand

 

En die Binnedorp se strate

Roep die siele al hoe nader

Om 'n glasie te klink

Op die lewe se lyf

En dis waar ons vergader

Van nou tot baie later

Om 'n hoofstuk in die boek

Van ons harte te skryf

 

En die ligte is af

Last rounds is geroep

'n Groot man uitgepass

Op die trap langs die stoep

Ek hoor nog in die stilte

Oom John se klavier

Dis 'n riem om my hart

Om te weet ek was hier

En die Binnedorp se strate

Roep die siele al hoe nader

Om 'n glasie te klink

Op die lewe se lyf

En dis waar ons vergader

Van nou tot baie later

Om 'n hoofstuk in die boek

Van ons harte te skryf

 

Om 'n hoofstuk in die boek

Van ons harte te skryf

 

Composer: CHRISTOPH KOTZE (INHOCO MUSIC PUBLISHING)
 

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page