top of page
Koos du Plessis - Skadu's Teen Die Muur (Key: OR Cmaj)

Koos du Plessis - Skadu's Teen Die Muur (Key: OR Cmaj)

SKU: JU-OR-NB-00660
USD 13.95Price

Title: Skadu's Teen Die Muur

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke

Created in the style of: Koos du Plessis
Genre: South African; Folk; Country
Language: Afrikaans
Era: 1970s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: No
More info: Koos du Plessis (1945-1984) was 'n talentvolle komponis en sanger wat Afrikaanse liedjies soos geen ander nie laat voortleef. Sy musiek was soms somber, maar die woorde en melodieë word deur almal onthou. Van "Koos Doep" se grootste treffers (en byna al sy skeppings was treffers) is “Kinders van die wind”, “Sprokie vir 'n stadskind” en “Skadu's teen die muur”.
Lyrics: Yes

 

Die donker kom van buite
En syfer deur die ruite
En ek gooi nog 'n paar kole op die vuur
En die tafel en die laaikas
En alles wat eers was
Versmelt tot blote skadu's teen die muur

Ons drome van gister
Word somber en sinister
Want kyk alles het 'n vasgestelde uur
Ons beplan toringblokke
Maar die slopers is betrokke
En ons drome is bloot skadu's teen die muur

Met orrelbegeleiding
Kom die voorspel tot die skeiding
Maar dis alles reg, die liefde is 'n vuur
En van die vorige hofmaak
Hoor ons later in die hofsaak
Want die liefde is 'n skadu teen die muur

In swart of wit getooi
In 'n stoet of in konvooi
Wonder elkeen hoelank alles nog sal duur
En leef holderstebolder
Want die kis wag op die solder
En die lewe is 'n skadu teen die muur

Die donker kom van buite
En syfer deur die ruite
En ek gooi nog 'n paar kole op die vuur
En my voete en my hande
Word ou bekende lande
In skadukaarte teen die muur
Die wêreld word 'n skadu teen die muur
'n Flikkerende skadu teen die muur

 

Composer: KOOS DU PLESSIS (INCLINE HOUSE)

If you would like to listen to a demo and cannot find what you are looking for, please send us a request and we will do our best to assist you. 

You may also like

All music content (backing tracks, instrumentals, and karaoke tracks) are professional reproductions or original creations and not the original artist recordings. Our content is created by human musicians and producers and is not AI-generated. © ProTrax

bottom of page