top of page
Anton Goosen - Silver De Lange (Key: OR Cmaj)

Anton Goosen - Silver De Lange (Key: OR Cmaj)

SKU: AN-OR-NB-02712
$12.95Price

Title: Silver De Lange
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Anton Goosen
Genre: South African; Folk & Folk Rock; Country
Language: Afrikaans
Era: 1980s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: No

 

Die konsertina kerm al sy verlange

In die hanne van ou Silver de Lange

Hy’t gespeel van die liefde

Maar hy was ‘n eensame man

 

Ja, ou Silver het die pad alleen geloop

En gedwaal soos net ‘n swerwer kan

Dalk ‘n bottel in die hand

Om die wêreld se skerp kant weg te brand

 

Dis ‘n geleende kosertina vir ‘n arm man

Wat kon speel beter as ‘n ander kan

As die vyf dagbrekers

Op die radio grammofoon speel

 

O, dan wonder ek baie oor jou Silver

Daar’s so baie wat ons twee kon deel

Maar die konsertina’s nou jou weduwee

En jou hanne het afgetree

 

O speel hom Silver, speel hom weer

Speel hom Silver nog ‘n keer

En die konsertina kerm verlange

In die hanne van Silver

Silver de Lange

 

TUSSENSPEL

 

En kom die paaie van die ou musikante

By die kruising van die hemelse rante

En ‘n man hoef nie meer

Vir ‘n “shilling” op ‘n dag te speel

 

En ek wonder hoe baie, baie harte

Het ou Silver in sy lewe gesteel

Maar die konsertina’s nou sy weduwee

Hy’t sy hart net vir haar gegee

 

En watter vrou het gekyk in jou oë se blou

As jou vingers om die Wheatsone se note vou

Wie’t die hartseer man

Teen haar bors getroos

 

Ja, die wêreld is nog dieselfde ou Silver

Hy’s hard en hy’s voos en hy’s boos

Het jy alleen gepeel en musiek gemaak

Hoe jou hanne die stilte raak

 

O, speel hom Silver, speel hom weer

Speel hom Silver nog ‘n keer

En die konsertina kerm verlange

In die hanne van Silver

Silver de Lange

 

TUSSENSPEL

 

O speel hom Silver, speel hom weer

Speel hom Silver nog ‘n keer

En die konsertina kerm verlange

In die hanne van Silver

Silver de Lange

 

Composer: ANTON GOOSEN (A.G. MUSIEK)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page