top of page
Elvis Blue ft. Theuns Jordaan - Jou Huis (Key: OR Cmaj - BV)

Elvis Blue ft. Theuns Jordaan - Jou Huis (Key: OR Cmaj - BV)

SKU: JU-OR-BV-02199
$12.95Price

Title: Jou Huis

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke

Created in the style of: Elvis Blue & Theuns Jordaan
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Duet; Folk; Special Occasion
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: Yes
Lyrics: Yes

 

Daar was geen mure daar in 8ste Straat

Ek onthou die gras was groen

Ek en Edzard Raath en 'n rugbybal

Kon doen wat ons wou doen

 

My ma was daar voor slaaptyd

Haar stem vir my 'n huis

In die wêreld van haar arms

Wou ek myself toesluit, en sy sê

 

Die is jou huis, my kind

Die is jou huis

In die geraas van hierdie strate

Sal jy jouself kan kry

Die is jou huis

Die is jou huis

Gee nie om waar jy opeindig

'n Deel van jou

Sal altyd bly

 

Movies op Dinsdae-aande

Hande vashou tot dit sweet

Jong liefde wat jou nooit los nie

Jakarandas in die reën

 

En die mal van tienerjare

My pa wat kom rugby kyk

En dan praat ons oor my toekoms

En ons wonder hoe dit sal lyk, en hy sê

 

Die is jou huis, my kind

Die is jou huis

In die geraas van hierdie strate

Sal jy jouself kan kry

Die is jou huis

Die is jou huis

Gee nie om waar jy opeindig

'n Deel van jou

Sal altyd bly

 

Laaste koppies koffie

Die lughawe koud en nat

Jou toekoms lê nou in 'n ander land

O, dit breek my hart

 

Onthou tog hierdie branders

Die Outeniekwa horison

Onthou jou land is lief vir jou

Waar ookal jy nog kom, en ons sê

 

Die is jou huis

Die is jou huis

In die geraas van hierdie strate

Het jy jouself gekry

Die is jou huis

Die is jou huis

Gee nie om waar jy opeindig

'n Deel van jou

Sal altyd bly

 

Die is jou huis

Oh oh oh oh oh

Oh oh oh oh oh

 

Die is jou huis

O, die is jou huis

Oh oh oh oh oh

Oh oh oh oh oh

 

Composer: ELVIS BLUE/CRIGHTON GOODWILL

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page