top of page
Rina Hugo - Katjiepiering (Key: OR Emaj)

Rina Hugo - Katjiepiering (Key: OR Emaj)

SKU: RI-OR-NB-01438
$13.95Price

Title: Katjiepiering

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke

Created in the style of: Rina Hugo
Genre: South African; Classical & Classical Crossover
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Emaj
Backing vocals: No
More info: Rina Hugo is bekend vir haar ryk, suiwer sopraan stem. Sy het deur die jare verskeie toekennings ontvang, produksies aangebied en albums op die mark vrygestel. Van haar treffers is “Ek sien vandag die son weer skyn”, “Troepie Doepie”, “Shalalie-shalala” (saam met Gé Korsten), “Jerusalem” en “Kyk na die son”.
Lyrics: Yes

 

Kom ons katjiepierie-wierie

In die katjiepiering laan

Waar die katjiepieringbome

Met hul spierwit bloeisels staan

 

En ek pluk 'n pierie-wierie

Katjiepiering vir jou hare

Fluit 'n pierie-deuntjie

In die katjiepiering blare

 

Katjiepiering pierie-wierie

In die katjiepiering laan

Waar die katjiepieringbome

Met hul spierwit asem staan

 

Pierie ek my pierie-deuntjie

En die windjie wierie saam

Ritsel in die blaartjies

Van die katjiepiering laan

 

En ek luister na die tiemie

In die maanlig van my tuin

En ek kuier by die vygies

By die branders teen die duin

 

En ek fluister met die branders

Teen die vertes van die see

Hoor die pierie-liedjie

Wat die albatrosse skree

 

Pierie-wierie katjiepiering

En die tiemie in my tuin

Wilde vygies albatrosse

By die branders teen die duin

 

En ons pierie

En ons wierie

In die katjiepiering laan

Saam teen die duine

Waar die silwer branders slaan

 

En ek luister na my liefste

Waar die katjiepiering blom

En ek luister of my liefste

Met 'n vuurblom na my kom

 

Katjiepiering wierie-liefde

Liefde soos 'n vuurblom rooi

Waar die katjiepiering

En die bloedrooi vuurblom bloei

 

Pierie-wierie liefdesliedjie

Op my lierie hart se snaar

Sing ons pierie-wierie liedjies

Nou en altyd vir mekaar

 

En al kom die winterjare

En die katjiepiering kwyn

Bly ons liedjie vonkel

In die katjiepiering tuin

Bly ons liedjie vonkel

In die katjiepiering tuin

 

Composer: J. VAN RENSBURG/J. VAN DER WESTHUIZEN (IMPALA MUSIEK)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page