Rivers & Bridges House Band - Bou Die Brug (Key: OR Fmaj)
Title: Bou Die Brug
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Rivers & Bridges House Band ft. Sunette Bridges
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Group & Choir; Inspirational & GospelLanguage: Afrikaans
Era: 2020s
Key: OR Fmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Jy kan nie oor begin nie
As jy vashou aan seer
En jy sal nooit oorwin nie
As gister jou beheer
Jy kan nie vrede smaak nie
As jy terug bly kyk
Jy kan nie teer op wraak nie
Dis ′n verlore stryd
Strek jou uit na môre
En hou op oor jou skouer kyk
Leef jou beste lewe
Want dit is hoe gelukkig wees lyk
Bou daai brug oor die rivier
Want die toekoms is so belowend
Klim die berg wat voor jou lê
Die uitsig is asemrowend
Hou jou woord as jy dit gee
Die waarheid is so bevrydend
Wees die een wat die vrede wil bewaar
Want die mooiste van die lewe
Word vir jou gespaar
Jy kan die mooi nie sien nie
As haat jou oë verblind
En in kwaad se donker
Sal jy nooit vreugde vind
Jy sal nie weer kan lag nie
As jy steeds aanhou huil
Oor dit wat jy verloor het
En die seer wat in jou gister skuil
Strek jou uit na môre
En hou op oor jou skouer kyk
Leef jou beste lewe
Want dit is hoe gelukkig wees lyk
Bou daai brug oor die rivier
Want die toekoms is so belowend
Klim die berg wat voor jou lê
Die uitsig is asemrowend
Hou jou woord as jy dit gee
Die waarheid is so bevrydend
Wees die een wat die vrede wil bewaar
Want die mooiste van die lewe
Word vir jou gespaar
Bou daai brug oor die rivier
Want die toekoms is so belowend
Klim die berg wat voor jou lê
Die uitsig is asemrowend
Hou jou woord as jy dit gee
Die waarheid is so bevrydend
Wees die een wat die vrede wil bewaar
Want die mooiste van die lewe
Word vir jou gespaar
Composer: SUNETTE BRIDGES
_edited.png)
















