top of page
Rudi & Corlea - O My Taal (Key: OR Abmaj)

Rudi & Corlea - O My Taal (Key: OR Abmaj)

SKU: AL-OR-NB-02929
$12.95Price

Title: O My Taal
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Rudi & Corlea
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Classical & Classical Crossover; Duet
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Abmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

'n Honderd duisend Afrikaanse melodieë

Teen 'n berg se hang

Ek hoor my ouma saggies sê

Hoe haar hart na daardie land verlang

 

Toe elke hand wat om genade pleit kon uitreik

En 'n nuwe lig kon dwaal

En my ouma sug

En sê vir my “My liefling, o my taal”

 

Sy sê sy mis die dae van Min en Gé

Die Heidelied en die bioskoop

Die tyd toe dit nog veilig was

Om kaalvoet en alleen te loop

 

Toe sy nog laataand op die draadloos kon luister

Na haar drome in 'n verhaal

Sy haal 'n foto van my oupa uit

En sê “O my taal”

 

O my taal

O my taal

Ek vertel weer jou verhaal

O bring my terug na die ou Transvaal

O my taal

 

As ons ons kinders nie vertel van hierdie dinge nie

Sal dit als vergaan

Sy sit 'n foto neer waar oupa

Voor oom Paul se beeld op aandag staan

 

Ek sien die trane oor haar sagte wange rol

Toe ek die Bybel van die rak afhaal

Sy vou haar hande op haar skoot

En bid “O Here, red my taal”

 

O my taal

O my taal

Ek vertel weer jou verhaal

O bring my terug na die ou Transvaal

O my taal

 

Bring my terug

Na die ou Transvaal

O my taal

 

Composer: RUDI CLAASE (JEWEL/TOC)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like