Carike Keuzenkamp - Haas Das Se Nuuskas (Key: OR Dmaj)
Title: Haas Das Se Nuuskas
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Carike Keuzenkamp
Genre: South African; Kids, Tweens & Teens; TV Series, Jingle, Game
Language: Afrikaans
Era: 1970s
Key: OR Dmaj
Backing vocals: No
More info: Carike Keuzenkamp is 'n bekende Afrikaanse sangeres. Sy is op 3 Maart 1947 in Den Haag, Nederland gebore. In 2010 ontvang sy 'n SAMA-toekenning vir 'n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek.
Lyrics: Yes
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Vroegaand net na ses
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Dis die grootste pret
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Groot en klein kyk saam
Al die nuus uit Diereland
Bring Haas Das vanaand
Hasie Kwassie grootlawaai
Hardloop dat dit kraak
Maar Skillie het die geelwortels
Oor sy pad gesaai
Hasie eet hom trommeldik
En raak toe aan die slaap
En Skillie word organiseerdersport
Se eerste kandidaat
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Vroegaand net na ses
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Dis die grootste pret
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Groot en klein kyk saam
Al die nuus uit Diereland
Bring Haas Das vanaand
Groot oom Slapoor olifant
Het 'n creche begin
Waar al die dierekindertjies
Saam kan speel en sing
Maar die stoute apies
Het vir dae lank geraai
Sou hulle aan oom olifant
Se slurp of stertjie swaai
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Vroegaand net na ses
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Dis die grootste pret
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Groot en klein kyk saam
Al die nuus uit Diereland
Bring Haas Das vanaand
Piet Muis het die laatberig
Haastig ingebring
Die stoeigeveg op Leeupark
Is nou net die ding
Droster die Renoster
Het vir Krokkie uitgedaag
En niemand weet ou Krokodil
Gaan 'n masker dra
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Vroegaand net na ses
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Dis die grootste pret
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Groot en klein kyk saam
Al die nuus uit Diereland
Bring Haas Das vanaand
Haas Das se nuuskas
Vroegaand net na ses
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Dis die grootste pret
Ons kyk na Haas Das se nuuskas
Groot en klein kyk saam
Al die nuus uit Diereland
Bring Haas Das vanaand
Composer: G. VAN TONDER (EMI)
_edited.png)
















