Leon Schuster - Die Rugby Onthaal (Key: OR Abmaj)
Title: Die Rugby Onthaal
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Leon Schuster
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Olympics & Sport Events
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Abmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
In 'n kring teen die mure in 'n opskop saal
Sit die vrouens droog en kyk
Hoe die manne stry op die groot onthaal
Oor 'n glas beleë eik
Hulle raas en rumoer, dis 'n groot gedruis
Al die manne by die rugby onthaal
En die dop en die dam is op die huis
Almal drink en die unie betaal
En die mammies teen die mure
Hou 'n telling van die biere
Wat geknak word in die opskopsaal
En die manne van die spanne
Met die kanne in die hanne
Is die manne van die rugby onthaal
En die mammies teen die mure
Hou 'n telling van die biere
Wat geknak word in die opskopsaal
En die manne van die spanne
Met die kanne in die hanne
Is die manne van die rugby onthaal
En die manne van die spanne
Met die kanne in die hanne
Is die manne van die rugby onthaal
Hulle speel al die punte weer oor en oor
Van 'n drop, tot 'n place, en 'n score
En die baas van die plaas, oom Jannie van Schoor
Vee die skuim van sy weglê snor
En die hakers haak af met 'n half glas rum
In die middel van die groot dansbaan
En beduie weer van 'n foot-up skrum
En die ref met die oogklappe aan
Ag man moenie moan nie
Eet jou kaas en jou polony
Doop jou wors in die mosterdsous
Op die veld waai die velle
Hier’s ons almal goeie pêlle
Vat 'n sherry vir jou ou klakous
Ag man moenie moan nie
Eet jou kaas en jou polony
Doop jou wors in die mosterdsous
Op die veld waai die velle
Hier’s ons almal goeie pêlle
Vat 'n sherry vir jou ou klakous
Op die veld waai die velle
Hier’s ons almal goeie pêlle
Vat 'n sherry vir jou ou klakous
Ladies and gentlemen
The president of our board, mister Jannie van Schoor
And let’s all give him a great clap
Come on friends
Dankie Franna, baie dankie
Aah, vrinne, dames en here
Hulle weet natuurlik in 1938 het ons in Australia getoer
En toe het ons op 'n dag daar na die dieretuin toe gegaan
En toe staan ons daar na 'n kangaroo en kyk
Nou ja, oom Mooi Louw was saam met ons daardie span
En toe hy so na die gedierte so staan en kyk
Toe draai hy so om en hy sê:
My goodness, what a mice!
Al wat ek oor vandag se wedstryd wil sê is
My goodness, what a match!
Net jammer die ref gekroek!
Ag man moenie moan nie
Eet jou kaas en jou polony
Doop jou wors in die mosterdsous
Op die veld waai die velle
Hier’s ons almal goeie pêlle
Vat 'n sherry vir jou ou klakous
En die mammies teen die mure
Hou 'n telling van die biere
Wat geknak word in die opskopsaal
En die manne van die spanne
Met die kanne in die hanne
Is die manne van die rugby onthaal
En die manne van die spanne
Met die kanne in die hanne
Is die manne van die rugby onthaal
Composer: LEON SCHUSTER/S. REINECKE
_edited.png)
















