top of page
Philip Moolman - 'n Bietjie Kwyt (Vissies) (Key: OR Ebmaj)

Philip Moolman - 'n Bietjie Kwyt (Vissies) (Key: OR Ebmaj)

SKU: JU-OR-NB-04087
ZAR 228.53Price

Title: 'n Bietjie Kwyt (Vissies)

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke

Created in the style of: Philip Moolman
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Folk; Special Occasion
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Ebmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Ons wandel graag langs die rivier

My dogtertjie lag van plesier

Dan gooi ons saam plat klippies oor die gladde water

Eendag sien ons 'n visserman

Met stok en hoed en koffiekan

En toe begin 'n lang gesprek tot heelwat later

 

'n Emmer met 'n vissie daarin

So het die hele ding begin

En sy kyk na my met soveel nuwe vrae

Waarom kan so vissie klein

Nie meer by sy ouers bly

Want 'n vis se lewe duur maar hoeveel dae

 

Vissies is maar net soos jy

Swem en speel die tyd verby

Voor hul weet of dit verstaan

Moet hul eendag verder gaan

So word dogtertjies ook groot

Nou sit jy nog op my skoot

Maar daar kom 'n ander tyd

Dan raak ek jou bietjie kwyt

 

Sy slaan haar armpies om my heen

En sê ek los jou nooit alleen

Ons hoort saam en dit hoef nooit te verander

En as ek eendag dan ook trou

Wel dan sal ek net met jou

Want ek hou van jou tog meer as enig ander

 

Ek streel haar sagte blonde hare

En sê jy word gou sestien jaar

Voor jy weet is daar 'n jongman in jou lewe

Van wie jy net soveel sal hou

En miskien ook wel mee trou

En soos ek sal hy jou liefhê met sy lewe

 

Vissies is maar net soos jy

Swem en speel die tyd verby

Voor hul weet of dit verstaan

Moet hul eendag verder gaan

So word dogtertjies ook groot

Nou sit jy nog op my skoot

Maar daar kom 'n ander tyd

Dan raak ek jou bietjie kwyt

 

TUSSENSPEL

 

Vissies is maar net soos jy

Swem en speel die tyd verby

Voor hul weet of dit verstaan

Moet hul eendag verder gaan

So word dogtertjies ook groot

Nou sit jy nog op my skoot

Maar daar kom 'n ander tyd

Dan raak ek jou bietjie kwyt

 

Composer: P. KARTNER/P. MOOLMAN (DE LA MUSIEK/SARRAL)

If you would like to listen to a demo and cannot find what you are looking for, please send us a request and we will do our best to assist you. 

You may also like

bottom of page