Standard Version - Pappa Maak Dit Reg (Key: OR Bbmaj)
Title: Pappa Maak Dit Reg (Papa - Gé Korsten Cover)
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Standard Version
Genre: South African; Kids & Teens; Folk
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Bbmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Hierdie is die storie
Van ‘n brawe man
As sakies tuis verkeerd loop
Is daar niks wat hy nie kan
As die wasbak dalk verstop is
Of die bad loop oor
En alles deurmekaar is
En die windjie kom van voor
Dan moet Pappa dit hoor
Ja, Pappa moet dit hoor
Ja, Pappa maak dit reg
Ons ander is te sleg
Ja, Pappa staan maar altyd reg
Om vir ons klomp te veg
Kom, Pappa maak dit reg
Ons ander is te sleg
Ons liewe stoere Pappa
Maak alles reg
Die seun speel met sy kettie
Hy skiet die teiken mis
Die klip vlieg deur 'n venster
Die buurman net-net mis
Die man is briesend woedend
Sit boetie agterna
Maar hy nael reguit huis toe
Om vir Pappa hulp te vra
Ag, Pappa waar is jy
Die buurman soek vir my
Ja, Pappa maak dit reg
Ons ander is te sleg
Ja, Pappa staan maar altyd reg
Om vir ons klomp te veg
Ja, Pappa maak dit reg
Ons ander is te sleg
Ons liewe stoere Pappa
Maak alles reg
Die dogter kom laat huis toe
Glip saggies deur die deur
Die ogies is vol trane
Want daar’t iets erg gebeur
Die kar wat pa geleen het
Dis 'n wrak ja, dis gewis
‘n Boom het in die pad gestaan
En sy kon dit nie mis
Ag Pappa wees nie kwaad
Dis tog nou klaar te laat
Ja, Pappa maak dit reg
Ons ander is te sleg
Ja, Pappa staan maar altyd reg
Om vir ons klomp te veg
Kom, Pappa maak dit reg
Ons ander is te sleg
Ons liewe stoere Pappa
Maak alles reg
Die oupa wil weer trou
Die bruid is 20 jaar
Die dogter wil verloof raak
Maar die man is wie weet waar
Die seun bring sy rapport tuis
Die hoogste punt is vier
By mamma brand die kos aan
Want sy sit en speel klavier
Ou Pappa staan tog reg
Ons ander is te sleg
Ja, Pappa maak dit reg
Ons ander is te sleg
Ja, Pappa staan maar altyd reg
Om vir ons klomp te veg
Kom, Pappa maak dit reg
Ons ander is te sleg
Ons liewe stoere Pappa
Maak alles reg
Ja, Pappa maak dit reg
Ons ander is te sleg
Ja, Pappa staan maar altyd reg
Om vir ons klomp te veg
Ja, Pappa maak dit reg
Ons ander is te sleg
Ons liewe stoere Pappa
Ons liewe stoere Pappa
Ons liewe stoere Pappa
Maak alles reg
Composer: BERND MEINUNGER/G. KORSTEN/RALPH MARIA SIEGEL
_edited.png)



















