top of page
Juanita du Plessis - Altyd Daar (Key: OR Amaj - BV)

Juanita du Plessis - Altyd Daar (Key: OR Amaj - BV)

SKU: JU-OR-BV-00634
$12.95Price

Title: Altyd Daar

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Juanita du Plessis
Genre: South African; Inspirational, Christian & Gospel; Special Occasion
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Amaj
Backing vocals: Yes
More info: Juanita du Plessis (gebore in Namibië) is een van Suid-Afrika se mees suksesvolle, populêre en geliefde sangers ooit. Sy het bekend geword na haar treffer "Ska-Rumba" in 2000. Haar albumverkope herskryf die Suid-Afrikaanse musiekrekordboeke. Elke noemenswaardige musiektoekenning is al aan haar toegeken.
Lyrics: Yes

 

As ek vandag moet terugkyk op my lewenspad

Dan sien ek al die draaie elke kronkelpad

Die spore van my lewe was lankal reeds bepaal

Elke tree vertel ‘n ou verhaal

 

Elke afdraaipaadjie sien ek duidelik raak

Maar deur dit alles Heer het U oor my gewaak

En oral in die donker het U my weer kom haal

Want u weet elke kind kan soms verdwaal

 

Sonder dat ek weet het U my altyd vasgehou

En sonder dat ek weet het U genade my omvou

Al my lewensdrome het U in U hand bewaar

Liewe Heer U was nog altyd daar

 

Ek sien dit in die stille waters van die see

Ek sien dit in ‘n kind se oë sy eerste tree

Hoe kan die wat nie wil glo in ongeloof bly staar

Liewe Heer U was nog altyd daar

 

Sonder dat ek weet het U my altyd vasgehou

En sonder dat ek weet het U genade my omvou

Al my lewensdrome het U in U hand bewaar

Liewe Heer U was nog altyd daar

 

Nou weet ek meer as ooit daar is niks meer om te vrees

Liewe Heer U sal altyd by my wees

 

Composer: J. DU PLESSIS (MAR GOSPEL MUSIEK PUBL.)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page