top of page
Juanita du Plessis - Dagboek Van 'n Ma (Key: OR Amaj)

Juanita du Plessis - Dagboek Van 'n Ma (Key: OR Amaj)

SKU: AL-OR-NB-01106
$12.95Price

Title: Dagboek Van 'n Ma

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Juanita du Plessis
Genre: South African; Special Occasion; Country; Inspirational, Christian & Gospel
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Amaj
Backing vocals: No
More info: Juanita du Plessis (gebore in Namibië) is een van Suid-Afrika se mees suksesvolle, populêre en geliefde sangers ooit. Sy het bekend geword na haar treffer "Ska-Rumba" in 2000. Haar albumverkope herskryf die Suid-Afrikaanse musiekrekordboeke. Elke noemenswaardige musiektoekenning is al aan haar toegeken.
Lyrics: Yes

 

Soms kan ek vir ure net verwonderd na jou kyk

As jy speel en lag van pure plesier

En soms kan ek in stilte net na jou gesiggie kyk

Dan weet ek jy is van bo gestuur

 

Mamma, tyd gaan gou verby en vinnig word ek groot

Ek wens ek kon nog sit hier op jou skoot

Jou lewenspad is uitgelê en niemand kan dit keer

Om hoog te vlieg is wat ek jou wil leer

 

Sweef saam met my op die rug van die wind

En ek sal jou wys waar jou hart is my kind

Als vergaan maar my liefde bly staan

Want jou hart is aan joune gebind

 

Ek is hier as jy ‘n vriend wil hê wat saam kan lag en huil

Ek is hier ek hou jou altyd vas en ek sal dit nooit verruil

Ek is hier om elke traan te vee en alles te kan gee

Ek is hier my kind ek is hier

 

As ek dan eendag weggaan na die huis vir jou en my

Mamma sal ek jou altyd onthou

Want daar waar ek vir jou wag sal jy by my kom bly

En ek weet dat God sy hand oor jou sal hou

 

Sweef saam met my op die rug van die wind

En ek sal jou wys waar Sy hart is my kind

Als kan vergaan maar Sy liefde bly staan

Want Sy hart is aan joune gebind

 

En hy is hier as jy ‘n vriend wil hê wat saam kan lag en huil

Hy is hier hy hou jou altyd vas en Hy sal dit nooit verruil

Hy is hier om elke traan te vee en alles te kan gee

Hy is hier my kind Hy is hier

 

En ek is hier as jy ‘n vriend wil hê wat saam kan lag en huil

Ek is hier ek hou jou altyd vas en ek sal dit nooit verruil

Ek is hier om elke traan te vee en alles te kan gee

Ek is hier my kind ek is hier

Hy is hier Mamma Hy is hier

En ek is hier, vir altyd is ek hier

 

Composer: JUANITA DU PLESSIS (MAROELA MUSIEK)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page