Carike Keuzenkamp - Die Lappop (Key: OR Emaj)
Title: Die Lappop
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Carike Keuzenkamp
Genre: South African; Kids, Tweens & Teens
Language: Afrikaans
Era: 1970s
Key: OR Emaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Iemand het 'n lappop op die ashoop weggegooi
Sy was gedaan en stukkend, verbleek en nie meer mooi nie
Op die ashoop hoor sy stemme praat en die verwelkom haar
Maar o, ellende toe sy kyk, wat sien die lappop daar
Net 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen
'n Grammofoonplaat en 'n kous sonder maat
Net 'n leë bottel bier, 'n verlepte angelier
'n Gelapte binneband en 'n ou koerant
Ag, hoe droewig voel die lappop, toe sy alleen daar lê
Want sy weet dat niemand ooit vir haar vir lappap meer wil hê nie
'n Traan loop oor haar lappopwang, want dit begin te reën
En daar lê sy ou lappoppie op die ashoop so alleen
Net 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen
'n Grammofoonplaat en 'n kous sonder maat
Net 'n leë bottel bier, 'n verlepte angelier
'n Gelapte binneband en 'n ou koerant
Ag, nee wat sê die lappop, ek soek 'n ander oord
Wat sal die wêreld van my dink, want soort, jy weet, soek soort
Ag, almal wil vir lappop troos, en soebat sy moet bly
Hulle sê die die mooiste ashoop die wat 'n mens nog ooit kan kry
Net 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen
'n Grammofoonplaat en 'n kous sonder maat
Net 'n leë bottel bier, 'n verlepte angelier
'n Gelapte binneband en 'n ou koerant
Al die goeters op die ashoop, hou gou vergadering
En besluit vir lappop te bekroon as die ashoop koningin
Van toe af bly die lappopie so trots, tevrede daar
En al haar onderdane, die dien getrou vir haar
Ja, die vrot pampoen en die stukkende skoen
Die Grammofoonplaat en die kous sonder maat
Ja, die leë bottel bier, die verlepte angelier
Die gelapte binneband en die ou koerant
Composer: B. MISHEIKER (EMI)
_edited.png)
















