Bobby van Jaarsveld - Laat My Lewe (Key: OR Bmaj)
Title: Laat My Lewe
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Bobby van Jaarsveld
Genre: South African; Pop
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Bmaj
Backing vocals: No More info: Bobby van Jaarsveld is 'n bekende sanger, liedjieskywer en akteur. Sy album Net Vir Jou het 'n SAMA-toekenning ontvang vir die Beste Afrikaanse Pop album in 2010. Hy het ook MK se “Best Solo Award” in 2011 gewen. Bobby het die hoofrol in Liefling: Die Movie vertolk.
Lyrics: Yes
Daar is plek in die son vir jou en my
En ‘n doel in die lewe
En die pad wat ek volg wat my daarheen lei
Is gemaak vir ‘n rede
As jy weet wie jy is en waarheen jy gaan
Is die reis soveel beter
Want jy val en jy leer om weer op te staan
Dit los jou met die wete
Dat dit bly net ‘n keuse
Dis my keuse
Laat my lewe laat my sing
Laat my val en weer begin
Ek sal opstaan en weer aangaan
Met wat die lewe vir my bring
Laat my lewe vir vandag
Laat my huil en laat my lag
Ek wil myself wees en leer liefhê
Dis wat ek vir jou wil hê
Daar is altyd ‘n deur om oop te maak
Dis die gang van die lewe
En die sleutel hou jy in jou hand
Maar so min van ons weet dit
Dis my doel om te groei tot waar ek moet wees
En myself te vergewe
Ek wil weet hoe dit voel om vry te wees
Vry van die verlede
In my soeke na vrede
Dis my keuse
Laat my lewe laat my sing
Laat my val en weer begin
Ek sal opstaan en weer aangaan
Met wat die lewe vir my bring
Laat my lewe vir vandag
Laat my huil en laat my lag
Ek wil myself wees en leer liefhê
Dis wat ek vir jou wil hê
Hoor jy wat ek sê
Voel jy wat ek voel
Solank ons leer uit die foute
Wat ons maak
Laat my lewe laat my sing
Laat my val en weer begin
Ek sal opstaan en weer aangaan
Met wat die lewe vir my bring
Laat my lewe vir vandag
Laat my huil en laat my lag
Ek wil myself wees en leer liefhê
Dis wat ek vir jou wil hê
Laat my lewe laat my sing
Laat my val en weer begin
Ek wil myself wees en leer liefhê
Dis wat ek vir jou wil hê
Composer: EWALD COLESKE/BOBBY VAN JAARSVELD (COLESKE ARTISTS)