top of page
Randall Wicomb - Middelburg (Key: OR F#maj)

Randall Wicomb - Middelburg (Key: OR F#maj)

SKU: JU-OR-NB-03789
$13.95Price

Title: Middelburg
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Randall Wicomb
Genre: South African; Country; Folk
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR F#maj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Vat jy die langpad na die noorde aan

Moet jy deur Middelburg en sy Hartland gaan

Omarm deur buurdorpe en die groot wateraar

Hoor jy die klop van die hantamhart daar

 

Weet jy hoe stil

Kan dit wees as die aand gaan lê

Die sterre wit oopbreek

En Kompasberg nagsê

Die nanag doekvoet oor die vlaktes sluip

Sal Middelburg soos 'n kind in jou hart kom kruip

Ja, soos 'n laatlam kind in jou hart kom kruip

 

Kom lê swartryk nagte koud teen jou lyf

En olienhoutkole trek hulle asvelle styf

Staan turksvy garingboom en soutbossies daar

Waar die springbokke pronk en die ribbokke baljaar

 

Weet jy hoe stil

Kan dit wees as die aand gaan lê

Die sterre wit oopbreek

En Kompasberg nagsê

Die nanag doekvoet oor die vlaktes sluip

Sal Middelburg soos 'n kind in jou hart kom kruip

Ja, soos 'n laatlam kind in jou hart kom kruip

 

As die somerson se verhemelte

Bloedrooi oopskeur

Merinos en Angoras in mekaar se skadus beur

Word garingdraad gespin en sybokhaar geweef

Teen die aand by die vlei brand die braaivleisvuur

 

Weet jy hoe stil

Kan dit wees as die aand gaan lê

Die sterre wit oopbreek

En Kompasberg nagsê

Die nanag doekvoet oor die vlaktes sluip

Sal Middelburg soos 'n kind in jou hart kom kruip

Ja, soos 'n laatlam kind in jou hart kom kruip

 

TUSSENSPEL

 

Sag sing die lied van die herfsreën daar

Suiwer akkoorde op die hantamsnaar

My hart vat die pad na Renosterbergrand

Waar die gammabos groei en 'n swart stoof nog brand

 

Weet jy hoe stil

Kan dit wees as die aand gaan lê

Die sterre wit oopbreek

En Kompasberg nagsê

Die nanag doekvoet oor die vlaktes sluip

Sal Middelburg soos 'n kind in jou hart kom kruip

Ja, soos 'n laatlam kind in jou hart kom kruip

 

Composer: RANDALL WICOMB (TRIO RECORDS)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page