top of page
Jack Parow ft. Die Heuwels Fantasties - Tussen Stasies (Key: OR Cmaj)

Jack Parow ft. Die Heuwels Fantasties - Tussen Stasies (Key: OR Cmaj)

SKU: RI-OR-NB-03874
$13.95Price

Title: Tussen Stasies
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Jack Parow & Die Heuwels Fantasties
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Rock & Soft Rock
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Ek het al baie goed verloor

En dit nooit ooit gevind weer gevind nie

Ek het al baie vir my ma gesê ek is nie meer 'n kind nie

Die lewe is te hard en ek verstaan meer die punt nie

Ek staan langs 'n groot oop hout

Maar ek het nie meer 'n flint nie

 

Ek kry koud op my eie ek soek net 'n klein bietjie warmte

Almal is ryk van die liefde en ek is al weer die armste

Sommige dae voel dit as of ek doodgaan van die hongerte

Daar is n leë kol in my maag waar ek wegkruip in die donkerte

 

Ek is gebreek van binne soos my al my speelgoed van toe ek klein was

As ek vandag wegstap sal al my goed pas in 'n klein tas

Ek soek net n klein tydjie sodat ek die as van my kan afwas

Maar die soldate op die muur bombadeer my met die traangas

 

Ek lê onder 'n lappies kombers en probeer nog blokkies aanlas

Maar daar is 'n kwaai oom langs my bed en hy sê vir my staan vas

So ek trek die kombers oor my kop en lê oop voete

En stap die lang pad in my pa se groot skoene

 

As ons staan op die einde van die lang pad langs die spoor

Daar's net donkerte daar voor ek staan en bewe

Dit raak swarter en daar is net stilte wat ek hoor

Hou my hand styf vas langs jou sy

Is jy nog lief vir my?

Sal jy my by die hemelpoorte kry?

 

Ons hou vas aan mekaar maar niemand gaan regtig joune wees nie

Ons skryf briewe vir mekaar wat ons nooit regtig lees nie

Want daar is altyd een verloorder in Russian Roulette

Ek moet uitgaan ek moet werk maar ek sit vas in die bed

 

Ek stap rond en soek sitplek in leë geboue

Ek probeer myself vind in drank en leë verhoudings

Ek sit en skryf gedigte, maar word my gedigte digkuns?

En ek skree volle bors in die aand met my kop in die kussing

 

Ek lê vir ure in die bad met my kop onder die water

Ek slaap elke oggend laat want die wêreld kan wag tot later

Ek moet wag, nee, aanbeweeg ontslae raak van my gevoelens

So ek stap, ek raak leeg met groot aksies sonder bybedoelings

 

Ek sit alleen op een punt van die wipplank

Ek bid alweer vir een sitvlak maar ek sit lank

En ek wag vir iemand om op te spring aan die eenkant

Maar die vingers van my gevoelens krap diep krap diep in my verstand

 

As ons staan op die einde van die lang pad langs die spoor

Daar's net donkerte daar voor ek staan en bewe

Dit raak swarter en daar is net stilte wat ek hoor

Hou my hand styf vas langs jou sy

 

Ek het al ver gewen en al baie ver verloor

Ek het al baie gevoel of die lewe my versmoor

Ek het al baie gesit op die bokant van 'n berg

Ek het al baie gesit in die voorkant van die kerk

 

Om my terug na die Langkloof en my ouma se plaas

Ek wil saam my suster die skape in die kraal injaag

Ek wil sit op my oupa se skoot en stories hoor van die verlede

Ek wil rond hardloop deur die gras tot ek lam word in die knieë

 

Ons staan en luister hoe die Here en die duiwel oor ons stry

Die hartseer is verby

Op die ou end is al wat ek wil hoor rol oor jou tong:

Jy wil by my bly

Sal jy my by die hemelpoorte kry?

 

Composer: JACK PAROW (SUPRA PUBL.)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page