top of page
Richard & Lochner - Tussen Treine (Key: OR Cmaj)

Richard & Lochner - Tussen Treine (Key: OR Cmaj)

SKU: JU-OR-NB-01795
$12.95Price

Title: Tussen Treine

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke

Created in the style of: Richard van der Westhuizen & Lochner de Kock
Genre: South African; Country; Folk; Duet
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: OR Cmaj
Backing vocals: No
More info: Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock is 'n sangpaar wie se optredes regoor die land gewild was. Richard is die skrywer van 'Tussen treine' wat een van die gewildste plaaslike liedjies was, terwyl Lochner se komposisie 'Die kinders van Afrika' ook groot aftrek gekry het.
Lyrics: Yes

 

Ek wonder wat van jou geword het

Jy wat nog so by my spook

Ek weet net ons het die vuur gemaak

Die wêreld aan die brand gestook

Nou is die nagte soveel stiller

Die dae eis hul eie tol

 

Maar ons twee was die wilde wind se blare

Ons kaartjies lê die hele wêreld vol

 

Tussen treine, tussen stasies

Lê daar basies net die leë spoor

Tussen treine, tussen stasies

Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore

 

Nou vra ek waar het alles begin

Die ding van los wees voor die wind

Onthou jy ook die rook, die yster

Die lig wat in die verte blink

Dan dink ek terug aan soveel dae

Soveel stawe op die spoor

 

Ja, daar was voorheen `n tyd van treine

Waar en wanneer het ons dit verloor

 

Tussen treine, tussen stasies

Lê daar basies net die leë spoor

Tussen treine, tussen stasies

Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore

 

TUSSENSPEL

 

Elke keer was dit 'n afskeid

Elke keer weer 'n begin

'n Honderd haltes langs die spoor

Elke stasie het sy eie skim

Miskien het ek verleer om te kyk

Jy bepaal jou eie baan

 

Soms sien ek die skadu van jou spieëlbeeld

Is speels verbrokkel voor die maan

 

Tussen treine, tussen stasies

Lê daar basies net die leë spoor

Tussen treine, tussen stasies

Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore

 

Composer: R VAN DER WESTHUIZEN (TRANSISTOR MUSIEK)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page