Kevin Leo - Se C’est La Vie (Key: OR Abmaj)
Title: Sê C’est La Vie (Se C’est La Vie)
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Kevin Leo
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Classical & Classical Crossover
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Abmaj
Backing vocals: No
More info: Kevin Leo is 'n Suid-Afrikaanse sanger wat opera- en ligte Afrikaanse liedjies sing. Hy tree ook gereeld saam met Jakkie Louw, Mathys Roets en Danie Niehaus op.
Lyrics: Yes
Die Bloutrein gooi sy skadus oor die gruis
Wa na wa en jy verhuis
Deur die klikke-klak wat klop tot in die Kaap
Mag jy lekker eet, mag jy lekker slaap
Soos die swaar ysterwiele wat nes tande begin kners
Rol jou laaste paar woorde, tussen trane uitgepers
In ‘n afskeidswoord wat draai in my oor
Sê c’est la vie as jou hartseer pla
Sê c’est la vie as die mense vra
Sê c’est la vie want dit traak hulle nie
Dis tussen jou en my die
Sê c’est la vie
Ons twee spruite skop ‘n bal voor in die straat
En ek roep hul in want dit word al laat
Maar my gedagtes slinger saam al langs die lyn
Kroonstad verby, naby Bloemfontein
Tussen hemp stryk en badtyd word daar skoene afgestof
En ek help met hul huiswerk tot my hoofpyn wil ontplof
Oor my moeë brein spoel jou refrein
Sê c’est la vie as jou hartseer pla
Sê c’est la vie as die kinders vra
Sê c’est la vie dis nie net my skuld nie
Dis nie net jou skuld nie
Sê c’est la vie
Met dolle vaart die donker in die nag die Groot Karoo
En skommel onder sterreprag wat waai en wink daarbo
‘n Laaste sweempie twyfel trek ‘n laaste rooi sinjaal
En dan’s dit groen die drywer fluit finaal
Sê c’est la vie as jou hartseer pla
Sê c’est la vie as die kinders kla
Sê c’est la vie daar is geen antwoord nie
Daar is geen antwoord nie
Sê c’est la vie
Daar is geen antwoord nie
Sê c’est la vie
Daar is geen antwoord nie
C’est la vie
Composer: KEVIN BREMER/DON CLARKE (POPPS MUSIQUE)
_edited.png)





















